Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Skakeringe van Blou" deur FERDI GREYLING
"Skakeringe van Blou" deur FERDI GREYLING [boodskap #41842] Do, 10 Mei 2001 11:38
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

SKAKERINGE VAN BLOU
Vir Ronel

1

In die donker kamer
brand die vlamme van siekte
jou lyf stadig op.

En toe, vroeg een oggend,
was die vuur verby
en was jy stil en soet
omring deur dood.
Soos 'n klein, ronde klippie
in 'n yskoue stroom.


11

Dit was 'n koue, winderige nag
toe jy uitgestap het uit die kamer.
Jy het af teen vreemde trappe geloop
wat soos 'n spiraal wentel en daal
deur vlakke van die geheue
tot jy weer 'n klein dogtertjie was:
By jou ouma se huis
langs Mosselbaai se see
waar krismisrose in die nat lug
kleur uit die swart grond druk.
Toe was jy weer
in die arms van jou ma
en kon jy sterf.
Vorige onderwerp: "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Muezzen" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:05:42 MGT 2024